Kundiges
Vraag

04 Des. 2019

SOEK HULP PLEKS VAN VERWYTE
Ek sukkel om take uit te voer weens ’n neurologiese probleem wat my verhoed om myself en my lewe te organiseer. Ek wens mense wil my raad gee eerder as om my te verwyt.

My huis is onnet, niemand wil by my kom eet nie en ek mag nie bestuur nie. Ek wens iemand wil een keer per maand by my kuier en my met take soos huisskoonmaak help. Ek vergeet soms om my hare te kam. Ek het ’n werk en vaar goed in intelligensietoetse.
Antwoord 4 701 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

04 Des. 2019

Met ’n siekte soos dié is dit belangrik dat jou behandeling gemonitor word. Besoek asseblief gereeld jou huisdokter of psigiater.

Namate jy ouer word, gaan dit ál moeiliker vir jou word om alleen te woon. Ek raai aan dat jy saam met ’n maatskaplike werker na verblyf in ’n sentrum vir senior burgers soek. Daar is ouetehuise waar jonger mense wat nie behoorlik vir hulself kan sorg nie ’n heenkome kan vind.

As dit nie moontlik is nie, kan tegnologie tot jou redding kom. Begin deur jou lewe in kompartemente te verdeel soos persoonlike higiëne, huisskoonmaak en inkopies. Ruim dan elke dag tyd daarvoor in soos dat jy soggens aan jou voorkoms aandag gee. Vir elk van hierdie aktiwiteite moet jy ’n alarm op jou foon of rekenaar stel met visuele aanwysings soos byvoorbeeld ’n tandeborsel.

Elke taak moet in stappe verdeel en een vir een afgehandel word soos om hare te kam. Om jou hieraan te herinner, kan jy ’n foto van ’n haarborsel, tandeborsel en deodorant op jou spieël vasplak.

Betaal gerus ’n skoonmaakagentskap om jou huis minstens een maal per maand onder hande te neem. Maak ’n lys van alles wat jy elke maand nodig kry, koop dit aanlyn en laat dit by jou aflaai.

Bel Headway, ’n organisasie wat breinbeseerdes help, by 011-442-5733 vir inligting oor ’n ondersteuningsgroep in jou omgewing.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.82
-0.7%
Rand - Pond
20.37
-0.4%
Rand - Euro
17.24
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.06
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.12
+0.8%
Silwer
24.43
+1.1%
Palladium
2,033.70
+0.8%
Platinum
1,052.54
+0.1%
Brent-ruolie
84.61
-1.4%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos