Kundiges
Vraag

23 Aug. 2019

SUPERMARK WORD OORLOGSONE
Ek en my man baklei baie oor geld, veral in die winkels en wanneer ons uiteet. Ander tye maak geld nie vir ons saak nie. In die supermark sit hy items terug op die rak, want hy sê ons het mos daarvan by die huis.

Wanneer ons uiteet en ek bestel koffie, sê hy ons kan dit mos by die huis drink. Ek kan nie meer hierdie houding van hom verduur nie.

Hy sal my ook nie toelaat om alleen inkopies te doen nie, want hy sê dan kom ek met onnodige dinge by die huis aan. Verder gaan dit goed. Ons het al twee ’n werk.
Antwoord 8 772 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

23 Aug. 2019

Paartjies wat sê geld speel geen rol in die welsyn van hul verhouding nie, leef in ontkenning. Menige verhouding versuur oor woede-ontploffings, klein of groot, rondom geld. Wanneer paartjies nie daaroor praat nie, kan dit tot bitterheid en konflik lei.

Hoe geld bestee word of nie, het baie te doen met houdings wat in jou grootwordjare oor geld posgevat het. Nie almal weet hoe om ’n openlike gesprek oor gesinsfinansies te voer nie.

Hoe meer julle op ?’n nieveroordelende manier en met wedersydse respek oor geld praat, hoe beter vir jul verhouding.

Vra hom hoe besluite oor geld­besteding in sy ouerhuis geneem is en wat hy by sy ouers oor geld geleer het. Vertel ook vir hom hoe dit in jou ouerhuis gewerk het. Probeer dan ’n goue middeweg vind wat vir julle albei se aangeleerde gedrag rondom geld voorsiening kan maak.

’n Begroting wat maandeliks opgestel en weekliks gemonitor word met openlikheid oor kontantvloei en geld wat vir langtermynbehoeftes opsygesit word, kan groter rustigheid bring.

Skep ’n lêer waarin julle so ’n begroting en betaalstrokies kan liasseer en vergelyk dit met vorige maande s’n. Dan kan hy in beheer voel en jy geld begroot vir die ekstras wat jy nodig het.

Gaan winkel toe met ’n lysie waaroor julle reeds gesels het.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos