Kundiges
Vraag

08 Sep. 2021

SUSTER REGEER HUISHOUDING
My ouers maak na my mening te veel toelating vir my ouer suster se geestesgesondheid. Sy regeer die huishouding met haar buie. Ek weet nie meer wat om te doen nie. My ouers wil haar tevrede stel en dink nie aan my behoeftes nie. Ek word nie mishandel nie, net sonder liefde behandel. Nogtans het die situasie vir my onuithoudbaar geword, aangesien my suster my haar vyand gemaak het. Ek moet die huis verlaat om al my varkies op hok te hou, maar weet nie hoe nie. Ek studeer aanlyn.
Antwoord 1 163 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

08 Sep. 2021

Liefdeloosheid soos jy ervaar is wel ’n vorm van emosionele mishandeling. Ek neem aan jy het eerlike gesprekke met jou ouers hieroor probeer voer, anders sou jy nie so goed kon weet hoe hulle hieroor dink nie.
Wat hulle jou aandoen, is onregverdig en onbillik. Al besef jy dit, en weet hulle dit bewustelik of onbewustelik, gaan die stand van sake nie vanself verander nie. Jou suster se emosionele houvas op hulle is te groot en voer al te lank die botoon.
Jou opsies: Jy bly tuis, kry berading en stel grense; óf jy verlaat hierdie omstandighede wat gif vir jou kwesbare gemoed is. Indien jy nie die nodige fondse het nie en nou werk moet gaan soek, gaan jy dit moeilik vind om laasgenoemde ­tydens die pandemie te doen.
Diepgesetelde patrone in families verander nie oornag nie. Indien jy jou ouers kan oortuig dat berading en behandeling ook vir hul emosionele probleme goed kan wees, kan die kringloop mettertyd verbreek word.
Ek kan verstaan dat jy nie jou suster wil konfronteer nie, omdat die lewe dan vir almal in die huis swaarder word. Dit is wel tyd dat jy selfgeldend optree. As sy in ’n vertrek instap en jou slegsê, stap uit. Moenie dit sien as ’n toegewing deur jou nie – jy weier slegs op ’n positiewe manier om by haar drama ingetrek te word.
Met ’n berader of sielkundige se hulp kan jou ­gesin nuut begin dink. Wees gereed vir ’n langsame proses. Om patrone in gesinne en by mense te verander gaan langer verg as waaraan jy gewoond is, maar dit bly die moeite werd.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.08
-1.0%
Rand - Pond
19.85
+0.2%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.0%
Goud
1,816.59
+0.1%
Silwer
21.40
-1.1%
Palladium
2,006.50
-2.4%
Platinum
938.25
-1.9%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos