Kundiges
Vraag

05 Mrt. 2021

WERKLOSE DOGTER STAAN BAKHAND
Ek is ’n wewenaar met ’n dogter. Sy soek al vir ’n paar jaar werk. Sy het ’n bietjie opleiding, maar dit help nie veel nie. Ons woon op ’n afgeleë plek, en ek sal nie wil sien dat sy hier weggaan nie. Dis net ons tweetjies oor. Ek het ’n goeie werk. My dogter bly nie by my aan huis nie. Sy het dikwels geld nodig en vra my daarvoor, maar my vriendin dink dis verkeerd. Sy dink ook my kind is neusoptrekkerig. Ek wil haar regtig nie as ouer in die steek laat nie.
Antwoord 4 918 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

05 Mrt. 2021

Daar is ’n verskil tussen ware hulp en hulp wat iemand in staat stel om hulpeloos te bly. Met eersgenoemde sorg jy vir noodsaaklikhede terwyl die mens op die been kom. Met die tweede kan jy onbewustelik deur jou bystand die mens ál afhankliker van jou hulp maak.
As enkelouer kan jy voel jy het ’n nog groter verantwoordelikheid vir jou kind se geluk en toekoms, maar moenie dat dit jou keer om haar toe te rus om haar eie potjie te begin krap nie.
Kom met haar ooreen om vir haar ’n toelaag te betaal om die gewoonte te verbreek dat sy gedurig vir geld by jou aanklop. Verbind dit aan voorwaardes soos dat sy jou moet inlig oor haar pogings om werk te kry.
Jou vriendin maak dalk nie beswaar daarteen dat jy jou dogter finansieel help nie, maar eerder daarteen dat sy ophou werk soek het.
Werkloosheid onder jong mense is ’n werklike probleem, maar dink nuut daaroor. Julle het verskillende opsies:
1. Jy kan haar laat heroplei vir iets spesifieks in jul omgewing waarvoor daar wel ’n aanvraag is.
2. ’n Afspraak met ’n bedryfsielkundige kan baie help om haar belangstellings te identifiseer.
3. Tydens die inperking het ál meer maatskappye die dienste van werknemers begin gebruik wat van die huis af werk, ook op afgeleë plekke.
4. Sorg dat sy ’n goed versorgde, nuut opgestelde CV in die regte, moderne formaat byderhand het om aansoek te doen vir poste.
Rand - Dollar
15.66
+0.6%
Rand - Pond
19.65
+0.9%
Rand - Euro
16.83
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,869.07
+0.8%
Silwer
22.13
+1.5%
Palladium
2,007.00
+0.4%
Platinum
961.04
+0.2%
Brent-ruolie
113.42
+0.8%
Top-40
61,177
-1.0%
Alle aandele
67,691
-1.0%
Hulpbronne 10
74,345
-0.4%
Industriële 25
71,771
-1.7%
Finansiële 15
15,802
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos