Die akteur Louis van Niekerk is Dinsdagmiddag dood.
Kanker is vroeër by hom gediagnoseer. Hy was in die Milpark-hospitaal in Johannesburg en het Dinsdag morfien ontvang, het Marinus Haakman, sy seun, Gert, se lewensmaat, gesê.
Van Niekerk was die afgelope paar jaar te sien as Festus in die kykNET-sepie Getroud met rugby, wat verlede jaar geëindig het.