Hoewel die regisseur Christo van der Westhuizen aanvanklik bang was dat die Via-poësieprogram Ek wou nog sê . . . geen aftrek sou kry nie, begin die vierde reeks daarvan volgende week.
“Dit bly maar ’n nismark. Natuurlik verwag ek nie om die kykertalle van Idols te kry nie,” sê Van der Westhuizen.
“Die eerste reeks het taamlik goed gevaar en in die tweede reeks het die kykertalle verdubbel. Dit verhoog met elke reeks.