Die skrywer Ingrid Winterbach tree op 27 Januarie om 16:00 op YouTube in gesprek oor haar roman Die troebel tyd.
Die gesprek is deel van die projek “Boeken uit het Huis” van Zuid-Afrikahuis in Amsterdam.
Op dié geleentheid sal Margriet van der Waal, hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde, kultuur en geskiedenis verbonde aan die Universiteit van Amsterdam, die vrae stel. Robert Dorsman, die Nederlandse vertaler van Winterbach se roman, sal ook aan die gesprek deelneem.