Die vrees is deurentyd tasbaar in Wilna Adriaanse se nuwe roman, ‘Vlug’, maar sy vertel dit op so ’n manier dat dit eerder lyk soos ’n mooi sonsondergang in Afrika, al voel jy ook die wreedheid van die leeu wat sy prooi verskeur, skryf Trisa Hugo.
Vlug deur Wilna Adriaanse. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R320.
“Hoe vlug jy as jy nie weet waar die vyand is nie?” Dié woorde op die voorblad van Wilna Adriaanse se nuutste roman vertel ’n hele verhaal op sigself, maar jy sou ook kon vra: Hoe vlug jy as jy nie weet wie die vyand is nie?