Vier nuwe Afrikaanse avontuurverhale sal jonger lesers dié somervakansie aan die lees hou, skryf Magdel Vorster.
Kies-jou-avontuur 1: Die gevaarlikste speletjie op aarde en Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf deur De Wet Hugo. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R140 en R155. Raaiselsee deur Troula Goosen. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R170.
Met drie nuwe reeksboeke wat onlangs verskyn het, beloof die jeugskrywers De Wet Hugo en Troula Goosen om boekwurms dié somervakansie aan die lees te hou.