Lize von Schlicht, ’n geesdriftige ondersteuner van Blind Books met haar eerste blinde aankope. Blind Books verkoop tweedehandse boeke deur slegs leidrade oor die boek te verskaf. “Ek het boek vier uitgeleen en kan nie wag vir boek nommer vyf om te kom nie,” sê sy.
Die staat van inperking is broeityd vir nuwe giere en idees; een hiervan is die “blindkoop” van tweedehandse boeke.
Twee entrepreneurs het elk verlede maand hierdie opsie deur middel van Instagram aan lesers bekend gestel, maar elkeen met ’n eiesoortige benadering.
Faathimah Variawa van book_exchange_za sê dat hulle mense deur boeke met mekaar wou verbind, ondanks die isolasie wat die inperking meebring.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.