Pieter Marais handhaaf ’n kritiese blik met satire se handlangers parodie, sarkasme en ironie in sy debuutroman, Konkel, wat op die kusdorp Joegaai afspeel. Joan Hambidge wonder of dié roman vol grappies ’n korrektief is op dit wat dit kritiseer of satiriseer, want die satirikus hou immers ’n spieël voor die leser.
Konkel deur Pieter Marais. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R275.
I. Konkel van Pieter Marais is satiries in aanbod. En satire is een van die moeilikste genres binne die kunste omdat die teiken van die satirikus dikwels verdwyn of verouder. Ander kwessies bly egter konstantes: Die selfwaan, -oorskatting en belaglikhede van persone (of gemeenskappe) word ontmasker in oordrywing.