Ron Irwin skryf lieflik oor die Kaap, die see en die kuns- en universiteitswêreld in sy nuwe roman, My Side of the Ocean, en verdien ’n pluimpie vir hoe hy in die kop van die vrouehoofkarakter klim, skryf Jonathan Amid.
My Side of the Ocean deur Ron Irwin. Uitgewer: Pan Macmillan. Prys: R340.
Dit is ’n volle tien jaar sedert Ron Irwin se inspirerende Flat Water Tuesday verskyn het (die fliekregte is ook sedertdien uitgeneem).