So, jy en jou vriende het ’n boekklub? Dis lekker.
Daar waar julle op Facebook of Telegram bymekaarkom, is daar ’n lewendige debat oor die jongste boeke, veral Afrikaanse boeke, en dis ’n platform vir heerlike gesprekke oor die lettere.
Maar dis meer as dit: Julle wens mekaar ook daagliks ’n heerlike daggie toe, en meer dikwels as nie is daar ’n Bybelversie of twee, want ons het elke bietjie hulp nodig in hierdie duistere tye.