Dis nou al geruime tyd dat ’n bepaalde verskuiwing in plaaslike resensies en letterkundebesprekings my pla. Noem dit ’n verskuiwing in houding. Dit kom al ’n entjie.
En dit pla my want ek het gemengde gevoelens daaroor. Aan die een kant word resensies fleuriger, is hulle dikwels snaaks of catchy, of emosioneel roerend of maak resensente opsetlik omstrede punte. Resensies wat waarskynlik aan lesers én aandag wen.
Aan die ander kant kan ek reuse-slaggate vir die wetenskaplike rol van resensies aanvoel. Die verskuiwing kan ’n sneeubal-effek hê vir akkuraatheid, betroubaarheid, onpartydigheid en die navorsingsaanbod van resensies.