Chris Karsten skryf krimi spesiaal vir Netwerk24

akkreditasie

Ella Neser is terug en dié keer hou sy haar lyf te midde van die koronaviruspandemie private speurder nadat vier jong mans van dieselfde dorp spoorloos verdwyn.

Dít is die spanningsverhaal vir die inperkingstyd wat Chris Karsten spesiaal vir Netwerk24-intekenare geskryf het.

Intekenare kan vir die volgende paar weke elke Maandag en Donderdag ’n nuwe hoofstuk van dié vervolgverhaal, “Man uit die dode”, nét op Netwerk24 lees.

“Lesers kan uitsien na ’n krimi-storie wat op ’n gekwelde plattelandse dorpie afspeel, vol eksentrieke karakters te midde van aktuele Suid-Afrikaanse maatskaplike en omgewingsvraagstukke. En ’n gewetenlose boef wat ’n eiesoortige metode het om sy slagoffers spoorloos te laat verdwyn, en met ’n jong vrouespeurder wat hom moet vastrek,” sê Karsten.

Die eerste hoofstuk van dié vervolgverhaal word op 13 Julie op Netwerk24 gepubliseer. Twee nuwe hoofstukke word per week gepubliseer (elke Maandag en Donderdag). Die laaste aflewering van die vervolgverhaal sal op 20 Augustus op Netwerk24 verskyn.

Chris Karsten Foto: Verskaf

“Chris Karsten is een van ons topspeurskrywers in Afrikaans. Lesers het nou die voorreg om eerstehands met ’n nuwe vervolgverhaal kennis te maak nog voordat dit einde Oktober in boekvorm verskyn. Dis ’n aangrypende verhaal, en vintage Karsten. Boonop speel dit af tydens hierdie eienaardige inperkings waarin ons ons bevind ,” sê Nèlleke de Jager, uitgewer by Human & Rousseau.

Ook Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24, is opgewonde oor dié projek.

“Ek reken dis veilig om te voorspel dat daar nog talle flieks gemaak gaan word wat in hierdie pandemietyd afspeel. Die moontlikhede vir ’n sterk storielyn is eindeloos. Maar nog beter as ’n rolprent op die silwerdoek is die fliek wat ’n goeie woordsmid in jou verbeelding kan skep. Daarom het ons NB Uitgewers genader met die idee vir ’n lekker boeiende storie met die pandemie as agtergrond. Chris Karsten is die ideale skrywer vir so ’n vervolgverhaal, deurdrenk van spanning en opwinding. Die pandemie bring baie hartseer en swaarkry mee, maar dit is ook ’n geleentheid vir kreatiewe denke en skepping.”

Waaroor gaan ‘Man uit die dode’?

Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op passasierskepe in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus en sy is verplig om na Suid-Afrika terug te keer. Nou sit sy sonder werk, sonder toekoms, maar met heupe wat al hoe ronder word.

Dan word sy gevra om haar lyf private speurder te hou en op ’n plattelandse dorp te gaan rondsnuffel oor hoekom vier jong mans oënskynlik besluit het om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop. Of skuil daar meer sinistere gebeure agter hulle verdwynings?

Die aksie speel binne vier dae in Julie af.

Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer kom sy agter dat sy op ’n baie ongelyke speelveld kragte meet met ’n koelbloedige kliek wat bereid is om op enigeen te trap wat in hul pad staan om miljoene te maak uit bedenklike kontrakte om steenkool aan Eskom se kragstasies te lewer – selfs al word hul eie dorp en sy inwoners in die proses verwoes.

Op Osspruit in Mpumalanga ontmoet sy besondere karakters, van hulle erg eksentriek, ander aards en ander gewetenloos. En tussen hierdie vreemde skepsels, elkeen met ’n eie storie, is sy genoodsaak om op haar intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hindernisse en bloedlating nie.

  • Chris Karsten se nuwe roman Die versoeking van Thomas Maas verskyn op 20 September en sal as gedrukte en e-boek beskikbaar wees.
  • Die volledige Man uit die dode sal teen middel November op die rakke wees.
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 212/10
Australia 313/8
besig om te laai... Regstreeks
England (w) 417/8
South Africa (w) 284/10 & 181/5
Rand - Dollar
16.27
-0.3%
Rand - Pond
19.81
-0.7%
Rand - Euro
17.05
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.23
-0.6%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,807.33
-0.6%
Silwer
20.28
-2.2%
Palladium
1,938.00
-1.3%
Platinum
897.50
-2.2%
Brent-ruolie
116.26
-1.5%
Top-40
60,109
-2.4%
Alle aandele
66,223
-2.3%
Hulpbronne 10
63,748
-3.2%
Industriële 25
79,405
-1.4%
Finansiële 15
14,686
-3.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos