’n Nobelprys en een van net drie skrywers wat die gesogte Booker-prys twee keer ontvang het, onderstreep J.M. Coetzee se aansien in die Engelse literêre wêreld.
In 1983 het hy die Booker-prys vir Life & Times of Michael K ontvang.
Dit was egter sy roman Disgrace waarvoor hy in 1999 die tweede keer met die Booker bekroon is, wat opslae gemaak het. Dié werk het ’n blywende invloed op die literêre samelewing en het boonop Coetzee se lewe ingrypend verander.