Die akteur David Viviers se debuutroman, Mirage, is onlangs deur Umuzi (Penguin Random House) uitgegee. Dis ’n boek waarin die Karoo en die begrip van verlies en tyd beskryf word en hy beskou dit as ’n eerbetoon aan die Suid-Afrikaanse skrywer Olive Schreiner, sê hy aan AJ Opperman.
Daar is meer as een rede waarom David Viviers sy debuutroman, Mirage, as ’n eerbetoon aan die Suid-Afrikaanse skrywer Olive Schreiner beskou.
Schreiner, ook ’n vroueregte-aktivis wat in 1920 dood is, se bekende roman The Story of an African Farm se titel sou oorspronklik Mirage gewees het, met dié motto: “Life is a series of abortions.”