Debuutromans te kies en te keur

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Verskeie debuutromans verskyn in Oktober en beloof om nuwe wêrelde in Afrikaans te ontsluit.

Die bekroonde digter Ronelda S. Kamfer se debuutroman, Kompoun, verskyn amptelik op 20 Oktober en vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep Overbergse nefies en niggies in hul grootwordjare, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid (en ’n familie vol geheime). Hoewel hulle van die ouer geslag wegbreek, vind hulle ook dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie. Kamfer kon die roman voltooi danksy die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs wat in 2016 aan haar toegeken is. Uitgewer: Kwela. Prys: R260.

Die filosoof Azille Coetzee het lesers in 2019 laat regop sit met haar pynlik eerlike outobiografiese ondersoek na identiteit en herkoms, In my vel. Nou debuteer sy op 20 Oktober met Die teenoorgestelde is net so waar, wat die uitgewer in ’n persverklaring beskryf as ’n “vlymskerp en eerlike roman” oor die verbintenis tussen drie beste vriendinne en ’n aangrypende verhaal “wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime”. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R295.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.45
+1.0%
Rand - Pond
19.96
+0.7%
Rand - Euro
16.82
+0.8%
Rand - Aus dollar
10.85
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,784.45
+0.9%
Silwer
24.35
+2.9%
Palladium
2,075.00
-1.3%
Platinum
1,054.74
+1.2%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,348
+0.3%
Alle aandele
66,895
+0.2%
Hulpbronne 10
63,203
-0.1%
Industriële 25
85,486
+0.6%
Finansiële 15
14,008
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos