Hoe ‘loer’ ons as buitestanders wat deur die spreekwoordelike venster kyk na slagoffers se stories? Dié en ander kwessies kom ter sprake in Anel Heydenrych se tweede roman, ‘Die afloerder’, skryf Jonathan Amid.
Die afloerderdeur Anel Heydenrych. Uitgewer: Penguin. Prys: R260.
Anel Heydenrych se debuutroman, die erotiese sielkundige riller Malhuis (2016), het aandag getrek ondanks die gemengde ontvangs. Dit is ’n teks wat klassifikasie systap en lank by my gespook het.