Nielsen BookScan SA (NBS-SA) het ’n ranglys opgestel van die Afrikaanse boeke wat die meeste geld in die eerste helfte van die jaar laat inrol het.
Die 20 Afrikaanse boeke wat tussen 1 Januarie en 5 Julie vanjaar volgens verdienste die voortou geneem het, word in die grafika hieronder saamgevat.
Die skrywer Chanette Paul sê “jy kan my met ’n veer omtik” omdat sy nie van die ranglys bewus was nie. Haar boek Vywervrou: Corali het die boonste plek op die ranglys behaal, terwyl sy met Vywervrou: Mirre en Vywervrou: Lira ook die tiende en 18de plek beklee.