Die huldigingsbundel Elsa Joubert: Die verste grens verby verskyn in die jaar waarin sy haar 100ste verjaardag sou gevier het en bied ’n blik op die reise wat die skrywer gemaak het, asook die figuurlike huise waarin sy haar tuisgemaak het, skryf Fanie Olivier.
’n Huldiging. Elsa Joubert: Die verste grens verby deur Thys Human (red.). Uitgewer: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Prys: R320.
Elke resensie van die reeks publikasies oor Hertzogpryswenners – daar het reeds agt verskyn voor dié een oor Elsa Joubert – was ook ’n indirekte erkenning van die rol wat prof. Jacques van der Elst daarin gespeel het.