Omdat ’n mens deur middel van poësie die lewe op verskeie maniere kan belig, wil die digter Diana Ferrus, wat verlede week ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het, nooit ophou skryf nie.
“Dit is die rykheid van poësie,” sê Ferrus, ook ’n skrywer en aktivis, wat in Highbury Park, Kuilsrivier, noord van Kaapstad, woon.
“Dit is regtigwaar iets as die leser van ’n gedig besit neem.”