Is die politieke riller ‘Die wet van Gauteng’ nog ’n opportunistiese poging om munt te slaan uit die gewildheid van misdaadverhale in Afrikaans? Allermins, skryf Jonathan Amid.
Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R310.
Ek was verbaas – en bitter nuuskierig – toe ek hoor Hannes Barnard het sy hand gewaag aan ’n misdaadroman, Die wet van Gauteng, wat toe nié ’n suiwer speurverhaal is nie, maar ’n politieke riller.