Die meeste van ons is keelvol vir die lewe: Jou werk is frustrerend, alles is duur, jou eens blink drome lê begrawe onder stof, die toekoms lyk uitsigloos... Kan nóg ’n selfhelpboek, soos Johannes de Villiers se ‘Blydskap’, ons regtig tot ander insigte bring, wonder Sophia van Taak.
Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewedeur Johannes de Villiers. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R275.
Ek is mos happy. Goed, nou nie élke dag nie, maar, jy weet – ek’s oukei! Tog is daar soms ’n hunkering, nee, ’n wéte dat iewers ánderkant bloot oukei wees ’n meer langtermyn-lewensvreugde wag. Maar dit voel haas onbereikbaar. Dit is hierdie einste gevoel wat tot Johannes de Villiers se nuutste boek aanleiding gegee het.