Digters raak besonder produktief in afsondering, maar hul stemme moet na buite gehoor word.
Die afgelope paar jaar was die geleentheid daar om hul werk by die Gedigtefees op McGregor in die Wes-Kaap bekend te stel, maar geleenthede soos hierdie krimp. Digters hoef nie moedeloos te voel nie. Die fees word vanjaar wel van 27 tot 29 Augustus net in ’n ander gedaante gehou.
Die digter Rumi het die tema “Tuin van die Beminde” geïnspireer. Inskrywings word ingewag vir gedigte oor die liefde en bemindes. Volgens die organiseerders is alles welkom – van odes, elegieë en formele versvorm, tot vrye verse en kletsrym. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Julie.