Die Afrikaanse digter, satirikus, dramaturg en skrywer M.M. Walters is vroeg vanoggend (Dinsdag) oorlede.
Matthys (Thys) Michielse Walters (91) was in ’n versorgingsoord vir bejaardes in Vishoek.
Volgens ’n jarelange vriend, die afgetrede akademikus Gunther Pakendorf, het Walters se gesondheid die afgelope maande agteruitgegaan nadat hy geval het.