Prof. Hennie van Coller skryf ’n ope brief aan die skrywer S.J. Naudé nadat hy hom in sy bedankingstoespraak vir die Hertzogprys oor die vingers getik het.
Beste Fanie
Ons het mekaar nog laas gesien by die bekroningsplegtigheid van die Akademie waar jy die Hertzogprys vir Die derde spoel ontvang het. Ek moes die commendatio lees omdat ek as verkenner van dié prys jou boek as die beste beskou het onder ’n hoop tekste. Nou onlangs was ek lid van die kommissie wat weer ’n boek van jou vir hierdie prys aanbeveel het. Dit maak daarom seer as jy my van homofobie beskuldig.