Die digter Saaleha Idrees Bamjee is die wenner van die gesogte Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie.
Bamjee het dit met haar bundel Zikr losgeslaan, waarmee sy R10 000 ontvang.
Die Ingrid Jonker-prys – genoem na dié digter wat in 1965 dood is – word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse en ’n Engelse debuutdigbundel toegeken – die twee tale waarin Jonker geskryf het.