In haar debuut, ‘So lyk ’n vrou’, vertel Ilse Verster deur die karakter Esli (haar naam omgedraai) van haar ‘40 jaar van hel’ saam met ’n gewelddadige narsis wat haar geluk- kig nie kon breek nie. Al is dit hoe ontstellend, bly die boodskap een van bemagtiging, skryf Trisa Hugo.
So lyk ’n vrou . . . My 40 jaar van hel saam met ’n narsisdeur Ilse Verster. Uitgewer: Lapa. Prys: R280.
Ilse Verster het as depressielyer ’n bewusmakingskonsert op Jacobsbaai bygewoon wat deur die skrywer Dana Snyman begin is nadat hy self ’n geliefde aan selfdood afgestaan het. Dit is by dié Swart Hond-konsert waar die skrywer in haar proses van heelwording haar voete op ’n nuwe pad sit.