Nadat al drie van hulle Maandag ’n UJ-letterkundeprys gewen het, het die skrywers S.J. Naudé, Ashwin Arendse en Frederik de Jager Vrydag elkeen ’n prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.
Naudé het die gesogte Hertzogprys vir sy kortverhaalbundel Dol heuning ontvang.
Arendse het vir sy debuutdigbundel, Swatland, en De Jager vir sy kortverhaalbundel, Man op ’n fiets êrens heen, onderskeidelik die Eugène Marais-prys vir poësie en prosa ontvang.