Hier volg die digter Johan Myburg se toespraak met die ontvangs van die Hertzogprys vroeër Donderdagaand.
Voorsitter van die akademie, lede van die letterkundekommissie, medebekroondes, dames en here, ons dae is nie dié van in die openbaar verskyn om te pronk nie; dis nie die dae van linte om die nek hang, van handdrukke of omhelsings nie.