Kinders van vyf tot agt jaar kan die volgende twee weke soggens na aanlyn boekvoorlesings luister wat deur die Centurion Hospice en NB-Uitgewers aangebied word.
Dit begin Dinsdag op die Centurion Hospice se Facebook-blad en kinders van oor die land kan hieraan deelneem.
Dit word gratis aangebied, maar donasies is welkom.