Die kortlys vir die Island-boekprys, wat vanjaar die eerste keer toegeken word en debuutromans deur skrywers uit Afrika beloon, is bekend gemaak.
Dit is genoem na die Suid-Afrikaanse skrywer Karen Jennings se roman An Island, waarvoor sy verlede jaar ondanks ’n stryd om dit te laat publiseer die gesogte Booker-prys se langlys gehaal het.
Jennings en die Britse uitgewer Robert Peett van Holland House Books staan in samewerking met Karavan Press aan die stuur van dié prys, wat manuskripte beoordeel, waarna die wenners se werk vir publikasie oorweeg sal word.