Lina Spies se tiende digbundel, ‘Aarde na firmament’, verskyn in haar 83ste jaar en bevat ’n versameling toeganklike verse, tot die essensie gepuur, wat oortuig veral vanweë die eenvoud en suiwerheid van die woordgebruik, skryf Daniel Hugo.
Aarde na firmament deur Lina Spies. Uitgewer: Naledi. Prys: R240.
Lina Spies se gedigte was een van die groot ontdekkings wat ek in 1973 as eerstejaarstudent op Stellenbosch gemaak het.