Dit was ’n bekoorlike gedagte om op ’n plaas te woon, maar vir die aktrise Willemien du Preez en haar man, André, was die werklikheid daarvan iets heeltemal anders.
Dit was ’n ervaring wat onregstreeks gelei het tot haar debuutroman, Plaas se prys, wat onlangs deur Protea Boekhuis uitgegee is.
Daar was inderdaad ’n prys wat sy en André nie voorsien het nie.