“My pa was ’n reus. Hy het woorde lief gehad op ’n manier wat wêrelde kon oopmaak vir ander.”
Só onthou die akteur Louw Venter sy pa, die digter De Waal Venter (79), wat Sondag in Muizenberg aan leukemie oorlede is.
Terwyl Venter se laaste digbundel, Vrugbeginsel, laat verlede jaar deur Naledi uitgereik is, het hy aan ’n bundel vertalings van die Mexikaanse digter Octavio Paz gewerk, wat na verwagting later vanjaar uitgereik sal word.