Wit armoede is dalk nie tans ’n gewilde onderwerp nie, maar in Ben Viljoen se onvergeetlike tweede roman, ‘ ’n Ballade vir Nkunzi’, word die lewe van die behoeftige Welman-gesin tussen 1960 en 1983 – en veral die komplekse verhouding tussen patriarg en seun – steierend rou en eerlik oopgeskryf, meen Jonathan Amid.
’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen. Uitgewer: Lapa. Prys: R285.
Ben Viljoen se bildungsroman ’n Ballade vir Nkunzi bied die soort leeservaring wat ’n mens midde-in die troosteloosheid van ons bestaan as “trooskos vir die siel” kan beskryf. Dit is ook dapper omdat dit lig werp op wit armoede en teëspoed in ’n tyd waar dié kwessies liefs nie in die openbaar bespreek word nie.