’n Keur van kortkuns

akkreditasie

Die 17de eeuse Franse filosoof en wiskundige Blaise Pascal skryf in sy boek Pensées (“Gedagtes”) “die hart het sy redes waarvan die rede niks verstaan nie”. Dis wel duidelik waarom Helena Gunter dié aanhaling vir haar nuwe kortverhaalbundel, Die hart het sy redes, gebruik. Dit bestaan uit 12 kortverhale met liefde as tema wat soos volg op die flapteks beskryf word: “Die liefde, en nie die rede nie, rig menselewens. Soms kom dit onwaarskynlik voor, ander kere woed dit soos ’n vuur voor ’n noordwestewind en verskroei alles in sy pad. Of dit liefde tussen mense, vir die omgewing of ’n voorwerp is, die wonderbaarlikheid daarvan staan sentraal en bring sy meelopers by ’n tuiste uit – soms met ’n traan, meesal met ’n lag en altyd met nuwe insig.” Gunter, wat met die Eugène Maraisprys bekroon is vir haar debuut, Op ’n plaas in Afrika (2008), se vorige boek, Tweespoor, is baie goed ontvang deur resensente en ook tot ’n drama verwerk wat in 2020 vir vier Woordfeestrofeë benoem is. Die nuwe bundel is reeds te koop en ’n resensie verskyn eersdaags.

Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R235.

Carien Smith, ’n doktorale student wat navorsing doen oor klimaatsverandering-etiek aan die Universiteit van Sheffield, se kortverhaaldebuut, Bot, word beskryf as ’n “verrassende, besonder ambisieuse” bundel waarin die 16 verhale die leser op reis neem na wêrelde van verstommende (dog onmiddellik herkenbare) tegnologiese vooruitgang. “Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die ‘alledaagse’. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: Waar begin menswees, en waar eindig dit?” sê die uitgewer in ’n persverklaring. Smith skryf in die erkennings: “Ek is bevoorreg om iewers tussen die grense van wetenskap en kuns vrae te kan vra oor ons samelewing, die toekoms, die mens, die transhuman, en wat tegnologie vir ons gaan beteken, en reeds beteken. Nie eenvoudige vrae nie. ’n Mens hoop, met nederigheid, om deel te neem aan gesprekke wat voorheen deur skrywers soos Orwell, Le Guin, Huxley, Atwood, Asimov, Camus, en Zamjatin, onder andere, aangeroer was.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
England 141/7
South Africa 0
besig om te laai... Regstreeks
Netherlands 80/3
Pakistan 0
besig om te laai... Regstreeks
Zimbabwe 189/10
India 0
Rand - Dollar
16.67
-0.1%
Rand - Pond
20.12
-0.2%
Rand - Euro
16.95
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,769.02
+0.4%
Silwer
19.81
+0.1%
Palladium
2,183.00
+1.8%
Platinum
933.50
+0.5%
Brent-ruolie
93.65
+1.4%
Top-40
64,279
+0.2%
Alle aandele
71,071
+0.2%
Hulpbronne 10
63,766
+0.9%
Industriële 25
87,277
-0.2%
Finansiële 15
16,168
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos