Van blydskap tot Suid-Afrika se beste boulers... dié vier uiteenlopende nuwe niefiksietitels bied pitkos vir lesers wat feite bo fiksie verkies.
Die oudjoernalis Johannes de Villiers, deesdae beter bekend as skrywer en joga-, meditasie- en aandagtigheidskenner, volg sy trefferboek Kalmte in die malle gejaag: Mindfulness vir besige mense (2018) op met Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe. Hierin deel hy kennersraad en praktiese wenke – van meditasie tot stappies in die buitelug – om lewensvreugde te bewerkstellig. Die leser ontmoet ook van die vreugdevolle mense wat De Villiers op onverwagse plekke – van kloosters en tronke tot ’n voormalige oorlogsone – raakgeloop het.
* Woon die Stellenbosse bekendstelling by op Donderdag 20 Februarie (18:00 vir 18:30). Dit word by Exclusive Books in Andringastraat gehou. RSVP: events@exclusivebooks.co.za of bel 087 365 4648. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R180.