Joe Kitchen, alias Koos Kombuis, se ‘Sushi with Hitler’ is ’n snáákse satiriese ‘moerbygereg’, maar agter die ligsinnigheid skemer ’n siniese, byna nihilistiese ondertoon sterk deur, skryf Martin Laubscher.
Sushi with Hitler deur Joe Kitchen. Uitgewer: Naledi. Prys: R200.
Koos Kombuis se jongste boek sien die lig onder sy Engelse skrywersnaam, Joe Kitchen. Vir dié satiriese moerbygereg het hy veral kers opgesteek by Douglas Adams se bekende reeks The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy, waarvan die eerste boek reeds in 1979 verskyn het.