Sjaka S. Septembir is ’n teaterskepper, nar, dramaturg, digter, zine-maker en nou ook gepubliseerde skrywer. Sy roman Die bardo van Biko April het ’n geboorteproses van 22 jaar geverg en het pas by Turksvy-uitgewers verskyn. Hy het met Laetitia Pople gesels.
Biko April is ’n skrywer wat sukkel om ’n bestaan te maak. Dit is 1999, Y2K-histerie heers oraloor, maar Biko laat sy onwrikbare geloof in die mag van kuns en die skeppingsdrang hom deur dié warboel dra.
Die skeppingsdrang word byna ’n spirituele daad. Die roman flits van Somerset-Wes, tot Stellenbosch en Kaapstad en volg Biko en sy meisie, Taluna, se “seksuele ontdekking van mekaar wat tot nuwe kreatiewe begeesterdheid lei”.