Met ’n “aanbod wat nie geweier kon word nie” is Lapa-uitgewers, die uitgewer in Suid-Afrika wat die meeste Afrikaanse boeke verkoop, nou in Penguin Random House Suid-Afrika se kraal.
Steve Connolly, uitvoerende hoof van Penguin Random House Suid-Afrika, en Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV, het Woensdag die nuus bekend gemaak.
Penguin Random House Suid-Afrika is deel van Penguin Random House, die wêreld se grootste uitgewer.