Hoewel die bloemlesing Vers & vrou bestaan uit gedigte deur vroue oor vroue se ervarings, is dit allermins al waaroor vroue dig.
“Maar hierdie bundel fokus op die wêreld van die vrou oor agt en ’n half dekades,” sê prof. Karen de Wet, samesteller van die bundel wat onlangs verskyn het.
Dit bied onder meer ’n blik op hoe vroue uit verskillende eras dig en dink.