Die dosyn stories in Helena Gunter se vierde kortverhaalbundel, ‘Die hart het sy redes’, bied gesofistikeerde leesplesier wat lesers se geduld en aandag ryklik sal beloon, skryf Jonathan Amid.
Die hart het sy redes deur Helena Gunter. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R235.
Die Afrikaanse kortverhaal is springlewendig en in sy diversiteit en reikwydte is daar iets vir elke soort fynproewer. ’n Naam wat uitstaan, is dié van die oudonderwyseres Helena Gunter, wat nie skroom om Suid-Afrika se gewelddadige, troebel verlede en problematiese hede in haar kortkuns te ondersoek nie.