’n Liefdesdriehoek in die gevierde Russiese dramaturg Anton Tsjechof se romantiese lewe word verbeel in die roman Die dame met die hondjie.
William Oosthuizen se roman, wat deur Naledi uitgereik is, is boonop deur Tsjechof se gelyknamige kortverhaal geïnspireer.
“Ek wou ’n alternatiewe verhaallyn in Tsjechof se lewe uitbeeld, wat steun op gebeure wat werklik kon afgespeel het. Hy het ’n jong dame op die promenade sien stap en ’n obsessie met haar ontwikkel.”