Talle Suid-Afrikaanse prenteboeke is deur Ibby Suid-Afrika (Ibby SA) vir plaaslike pryse benoem.
Ibby SA is een van meer as 75 nasionale afdelings van die International Board on Books for Young People, ’n organisasie sonder winsbejag wat bewustheid oor die waarde van kinderboeke en jeugliteratuur onder die publiek wil aanwakker.
Uitgewers, boekverkopers, mediapersoonlikhede, aktiviste vir geletterdheid, illustreerders en bibliotekarisse is lid van Ibby SA.