Alfred Schaffer se digkuns is dikwels “poëties verstaanbaar, dog letterlik onverklaarbaar”.
So het die digter Danie Marais Vrydagaand in sy huldigingstoespraak vir hom gesê by die tiende Tuin van Digters-fees op Wellington.
“Uit die soms hermetiese poësie van dié Arubaans-Nederlandse digter gaan jy nooit enige betekenisse folter nie.”