Lesers van 13 en ouer sal aanklank vind by die karakters in Cliffordene Norton se debuutroman, ‘Om jou te ken’, wat uitdagende omstandighede en hartseer situasies hartroerend oordra, skryf Magdel Vorster.
Om jou te ken deur Cliffordene Norton. Uitgewer: Pan Macmillan. Prys: R180.
’n Mens kom gou agter Cliffordene Norton se debuutroman, Om jou te ken, is een van daardie boeke wat jy liefs met ’n spul Post-it-plakkertjies moet lees. Daar is eenvoudig te veel treffende aanhalings waarna ’n mens wil terugkeer namate die konteks duideliker raak. In die hoofkarakters se skool op Barkly-Wes ken almal mekaar en daar is geen ruimte vir voorgee nie: “Almal weet watter files om te trek.”