Die Suid-Afrikaanse boekbedryf het weens die Covid-19-pandemie ’n nagmerriejaar agter die rug. Nielsen BookScan SA se jongste jaarverslag openbaar in besonderheid watter verliese gely is, berig Christiaan Boonzaier.
Die plaaslike boekbedryf het weens die Covid-19-pandemie onder reuse-verliese gebuk gegaan en verlede jaar meer as R282 miljoen minder as in 2019 verdien.
Nielsen BookScan SA (NBS-SA) het in hul jongste jaarverslag bevind dié terugslag is yslik in vergelyking met die kreeftegang wat die Suid-Afrikaanse boekbedryf sedert 2017 beleef: Boekverkope het tussen 2017 en 2018 met R73,6 miljoen gedaal, en ook tussen 2018 en 2019 met meer as R36,1 miljoen (sien grafika hieronder).