’n Ontslape Drum-joernalis, die nalatenskap van die Amerikaanse Nobelprys-bekroonde skrywer Toni Morrison se invloed op Afrika en die verreikende gevolge van ekonomiese misdaad uit die privaat sektor is van die onderwerpe wat op die 26ste Time of the Writer-fees in Durban bespreek sal word.
Dit word van Donderdag tot Dinsdag in die Universiteit van KwaZulu-Natal se sentrum vir skeppende kunste aangebied. Meer as 100 skrywers, digters en woordsmede neem deel aan gesprekke – sowel regstreeks as visueel.
Die veteraanskrywer Sindiwe Magona is vanjaar se feesskrywer, terwyl 60% van die skrywers op die fees vroueskrywers of sessiemoderators is.